25/01/2026
Die 17de Desember 2025 het ek hier aangekom. Dis vandag 38 dae in Leonardville. 'n Dood normale donderdag by die Mullers huis. Vandag is 'n goeie dag om te groet vir eers. Ek het my lewe weer terug gekry en 'n wonderlike man daarby. Dit het nou vir my tyd geword om te fokus op my verhouding met Piet en al my aandag aan my nuwe lewe te gee. Dankie dat ek my pad na genesing met julle kon deel. Dit was 'n Gebroke Vrou se Grondpad na Genesing en dit het tyd geword om in vrede in My Hemel te lewe. Mag die Here julle seen en baie mooi oppas. Sterkte ook vir julle toekoms. Groete Elsa Muller.
Hoe ek my Hemel gekry het