19/02/2026
📅 Bespreek nou om nie hierdie unieke ervaring mis te loop nie.
📞 082 928 7938
Oranje gaan 2,5 m styg op Upington
Die stand van die Oranjerivier gaan oor die volgende paar dae styg. Die hoër vloei in die Oranjerivier ontstaan as gevolg van die gekombineerde uitvloei van die Gariep- en Vanderkloofdam.
Volgens Wilco Fourie, president van ORLU, wie mense in die Benede-Oranje streek op hoogte hou van die stand van damme, gaan Upington omtrent 2,5 m styg. Die styging sal van 1m tot 3.5m op sommige plekke wees, dalk bietjie minder. Kakamas brug sal weer bietjie meer styg.
Die stand van damme was op 19/02/2026 as volg:
GARIEP:
107.3 %
Invloei - 634 m3/s
Uitlaat - 1090 m3/s
VANDERKLOOF:
105 %
Uitlaat - 761 m3/s
Volgens DWS opdatering van vloed-rotering op 19/02/2026
Vooruitskatting vir uitvloeie is as volg-
GARIEP:
20/02/2026 - 1010 m3/s
21/02/2026 - 950 m3/s
22/02/2026 - 900 m3/s
VANDERKLOOF:
20/02/2026 - 820 m3/s
21/02/2026 - 890 m3/s
22/02/2026 - 890 m3/s
**** Foto: Des 2025