18/09/2026
The Big Reveal! 💜💚
Ons is so opgewonde om Yolani Louwrens by die Kakiebos-span te verwelkom.
Kakiebos groei, en elkeen van ons kliënte is deel van hierdie reis. Die veranderinge wat ons maak, gaan alles daaroor om vir julle meer kreatiwiteit, beter diens en nóg meer waarde te bied.
Yolani, ons wens jou soveel sukses, groei, kreatiwiteit en geluk toe in hierdie nuwe hoofstuk. Mag jy elke projek, elke kliënt en elke nuwe geleentheid terdeë geniet.
Ek en Lariné is baie opgewonde om jou aan boord te hê, en ons kan nie wag om te sien wat ons saam gaan skep nie.
Hierdie is net die begin. 💜💚