Wees Lig

Wees Lig Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Wees Lig, Image Consultant, 5 Bredel Straat, Parys.

4 wenke vir flatervrye oogskadu – elke keer!1️⃣ Begin met ’n basis:Gebruik ’n ligte oogskadu of ’n dun lagie van jou ond...
01/09/2025

4 wenke vir flatervrye oogskadu – elke keer!

1️⃣ Begin met ’n basis:

Gebruik ’n ligte oogskadu of ’n dun lagie van jou onderlaag op die ooglid om te verseker dat die kleur langer hou en nie kreukel nie.

2️⃣ Blend, blend, blend:

Gebruik ’n sagte kwassie en klein sirkelbewegings. Geen harde lyne nie, net ’n egalige gradiënt tussen kleure vir daardie perfekte palet.

3️⃣ Berei jou kwaste voor:

Skud oortollige poeier af voordat jy dit aanwend. Dit help om donker kolle onder die oë te voorkom en keer dat jy dalk grimering op jou klere mors.

4️⃣ Kies kwaliteit:

Die regte produk maak die wêreld se verskil - MUD se hoogs gepigmenteerde oogskadu’s gee intense en langdurige kleur wat heeldag lank hou!

Bestel joune by Sunnèt:

📱 082 388 9831






Subtiel genoeg vir elke dag, intens genoeg vir aand 'glam'...Met MUD se Brown Cake Eyeliner skep jy moeiteloos jou perfe...
25/08/2025

Subtiel genoeg vir elke dag, intens genoeg vir aand 'glam'...

Met MUD se Brown Cake Eyeliner skep jy moeiteloos jou perfekte lyn in 'n sagter alternatief vir swart.

Hierdie produk se natuurlike, ryk bruin kleur is luuks en langdurig - jou geheime wapen vir 'n veelsydige voorkoms.

Bestel joune vandag nog by Sunnèt:

🛍 082 388 9831





📣💄SPESIALE AANBOD!!!💄📣Slegs R250 per persoon wanneer jy en 'n klein groep vriendinne 'n kleuranalise of grimering werksw...
19/08/2025

📣💄SPESIALE AANBOD!!!💄📣

Slegs R250 per persoon wanneer jy en 'n klein groep vriendinne 'n kleuranalise of grimering werkswinkel by WEES LIG boek!

Hierdie aanbod is ideaal vir verjaarsdae en ander spesiale geleenthede, of selfs as 'n geskenk om iemand spesiaals te bederf.

Bespreek nou!

📱082 388 9831






Maak jy dalk een van hierdie foute in JÓÚ klerekas? Dit hoef nie so te wees nie!Skakel of WhatsApp Sunnèt by 082 388 983...
17/08/2025

Maak jy dalk een van hierdie foute in JÓÚ klerekas? Dit hoef nie so te wees nie!

Skakel of WhatsApp Sunnèt by 082 388 9831 vir 'n konsultasie en ontdek 'n hele nuwe jy.






Kikker jou selfvertroue in 'n japtrap op – met ’n bietjie hulp van WEES LIG!Sunnèt is ’n voorkoms-konsultant wat jou hel...
05/08/2025

Kikker jou selfvertroue in 'n japtrap op – met ’n bietjie hulp van WEES LIG!

Sunnèt is ’n voorkoms-konsultant wat jou help om jou unieke skoonheid en styl te laat blom met dienste soos:

👗 Kleur- & figuuranalise
🛍 Klerekas Detox & Persoonlike Inkopies
💄 Grimeerlesse & Oormaaksessies

WEES LIG is ook ’n agent van die MUD grimeerreeks, waar jy al jou gunsteling produkte kan bestel.

Gereed vir ’n splinternuwe seisoen van JY-wees?

📱Skakel of WhatsApp Sunnèt by 082 388 9831







🍷 Wingerd Pers vir die Winter 🍷MUD se oogskadu in dié ryk, wynkleurige skakering is allesbehalwe subtiel - sysagte fluwe...
02/08/2025

🍷 Wingerd Pers vir die Winter 🍷

MUD se oogskadu in dié ryk, wynkleurige skakering is allesbehalwe subtiel - sysagte fluweel tekstuur, ryk gepigmenteer, en perfek vir langdurige dra.

Wend dit droog aan vir ’n sagte waas, of gebruik dit nat vir ’n intens dramatiese effek - selfs as oogomlyner!

Beskikbaar by WEES LIG - waar kleur karakter kry.

Bestel joune vandag nog by Sunnèt:

📱 082 388 9831








👱🏻‍♀️👩🏽‍🦱👩🏻‍🦰Voel jou klerekas oorvol, maar terselfdertyd asof jy niks het om aan te trek nie?Dan is dit dalk tyd vir ’n...
28/07/2025

👱🏻‍♀️👩🏽‍🦱👩🏻‍🦰Voel jou klerekas oorvol, maar terselfdertyd asof jy niks het om aan te trek nie?

Dan is dit dalk tyd vir ’n klerekas-detox - ’n ligter leefstyl en slimmer koop!

In ’n persoonlike sessie help Sunnèt jou om die items wat onvleiend, uit die mode, of bloot net nie meer 'JY' is nie, met selfvertroue uit te sorteer.

Ons behou dít wat jou die beste laat lyk en voel, herontdek wat potensiaal het, en bou aan ’n styl wat vir jóú lewe werk - vleiend, funksioneel en vol LIG.

Dis nie net ’n organisasieproses nie. Dis ’n styltransformasie wat jou help om weer gemaklik en geïnspireerd aan te trek - elke dag!

Reik vandag uit na Sunnèt om jou sessie te boek:

📱082 388 9831








Nuwe palet? Nuwe JY!Om jou grimering aan te pas nadat jy vir kleuranalise gegaan het, kan soos 'n onbegonne taak voel.Wa...
25/07/2025

Nuwe palet? Nuwe JY!

Om jou grimering aan te pas nadat jy vir kleuranalise gegaan het, kan soos 'n onbegonne taak voel.

Waar moet 'n mens ooit eers begin?

Lees hier bo vir 4 wenke om jou te help om daardie eerste stappe na 'n NUWE JY te neem!

Kom sien Sunnèt vir pasgemaakte kleuranalise, grimeer lesse, klerekas detox en meer:

📱082 388 9831

Address

5 Bredel Straat
Parys

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Wees Lig posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Wees Lig:

Share