Kreatier

Kreatier Film, fatherhood, food and fire.

04/09/2026

Ons het onlangs by Umndeni Game Lodge gaan skiet, en die plek het sommer vinnig onder my vel ingekruip. Die bosveld, die perde, die lig, die mense, die stilte. Daar was net iets aan die plek.

Wat vir my lekker was, is dat Umndeni Game Lodge nie probeer wees soos elke ander lodge nie. Hulle ding is familie, privaatheid en om vir ’n paar dae jou eie stukkie bosveld te hê.

Dis wat ons met hierdie video probeer vasvang het.

Baie dankie aan Umndeni vir die vertroue. Hierdie een was regtig lekker om te maak.

02/09/2026

There is something about the African bush that stays with you.

At Umndeni Game Lodge, your safari is about more than what you see. It is time together, space to breathe, horseback rides through the bush, unforgettable experiences and a lodge that is yours to enjoy.

Come as guests. Leave with stories worth telling.

Your own place in the African bush.
🌿 umndenilodge.com
📩 [email protected]

01/09/2026

What an incredible day at West Acres! 💙🧡
Seeing all the happy faces, excitement and smiles made it a day to remember!

Dis 'n voorreg om die ongelooflike oomblikke saam my familie te kan deel. Dankie Birds of Eden | Plett | SA vir 'n beson...
01/08/2026

Dis 'n voorreg om die ongelooflike oomblikke saam my familie te kan deel. Dankie Birds of Eden | Plett | SA vir 'n besonderse dag.🦜

27/07/2026

Eerste see ervaring. Sy het straight vir die water gehol. Geen hesitation nie! Ons moes net wag staan. Pappa se eie dogtertjie. Seeeee! ATKV Hartenbos

25/07/2026
Ek het nog nooit regtig myself as ’n fotograaf gesien nie.Ek sê altyd ek is eerder ’n man met ’n kamera as ’n kameraman....
07/07/2026

Ek het nog nooit regtig myself as ’n fotograaf gesien nie.

Ek sê altyd ek is eerder ’n man met ’n kamera as ’n kameraman. Video, cinematography, lig, beweging, edit, daai wêreld maak vir my sin. Fotografie het my nog altyd bietjie verby gegaan.

Maar hierdie golden hour by Umndeni Game Lodge was iets anders.

Die lig was sag, die bosveld was rustig, en vir ’n oomblik het ek net weer besef hoe lekker dit is om ’n kamera op te tel en te kyk wat gebeur.

Dit het my sommer lus gemaak om meer van fotografie te leer, meer te oefen, en dalk my gear ook bietjie op te dateer. Mens moet mos altyd ’n rede hê vir nuwe speelgoed.

Hier is ’n paar kiekies van daai mooi laatmiddaglig.

Daar kom nog foto’s, video’s en memories van Umndeni.

06/07/2026

Daar is iets besonders aan tyd saam in die bosveld.

Ons was onlangs by Umndeni Game Lodge vir 'n content shoot, en wat ’n voorreg. Die plek was ongelooflik mooi, die mense só vriendelik, en die kos het my van vooraf dik gemaak.

Alina was mal oor die bosveld en die diertjies, veral die perde. Ek het op die quad bikes my filter verloor en ons moes met slakspoed terugry om dit te gaan soek. Dag twee breek my USB-C SSD-kabel vir die Blackmagic, toe moes ek gou ’n plan ninja met ’n adapter en ’n SD card reader. So gaan dit maar as jy in die veld skiet.

Meer persoonlike foto’s, videos en memories van Umndeni is oppad.

Gaan volg vir meer van hulle mooi plek, mense, diere en stories. Volg ook Glitch Media vir meer van die werk agter die skerms.

Umndeni beteken familie, en dit het regtig so gevoel.

Omsingel deur natuur.
02/06/2026

Omsingel deur natuur.

Address

Potchefstroom
Potchefstroom
2531

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kreatier posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share