05/05/2026
: Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings 2026: Grootste aansporing en pryse ooit vir SA se onafhanklike kunstenaars
Die SA Onafhanklike Kunstenaarmusiektoekennings, aangebied deur Afri-Indie, Ontbytsake & Rug-teen-Rug Musiekfamilie, en sy venote het ‘n passie en hart vir erkenning aan SA se Onafhanklike Kunstenaars.
Die platform bied hulle grootste aand van erkenning nog aan SA Onafhanklike Kunstenaars.
Organiseerder, Rea le Roux sê hierdie jaar het soveel borge na die tafel gekom om ‘n passie en ondersteuning aan SA kunstenaars en musiek te wys“.
Rea sê: “Ons voel net so innig dankbaar vir hierdie bydraes wat die platform help groei om erkenning aan SA Onafhanklike Kunstenaars te gee”.
Sonder hierdie borge en affiliate sou die platform nie hierdie erkenning en pryse kon weggee aan SA Kunstenaars nie.
Vanjaar gee Afri-Indie pryse weg ter waarde
van R145 000 aan SA Onafhanklike Kunstenaars soos volg:
Saam met die Nasionale Musiektoekenningstrofees (handgemaak deur Jakaranda Engravers), kom die volgende toegevoegde waarde by in 2026:
R20 000 kontantprys vir beste werk ingeskryf in 2026, geborg deur “Ontbytsake / Rug-teen-Rug / Afri-Indie en AarbeiFees 2026”.
‘n Musiekvideo ter waarde van R20 000 deur SA top videograaf Leon Barnardt (hy vervaardig musiekvideo's vir top SA-name soos Bobby van Jaarsveld, Dirk van der Westhuizen en nog vele meer)
R10 000 kontant vir die Beste Gospel-enkelsnit deur “Faith”
R10 000 professionele fotografiesessie met hare en grimering vir Beste Pop-enkelsnit deur “One Second One Shot Fotografie”
R10 000 se behandelings by Lindie Nel Aesthetics-skoonsheidskliniek vir Beste Nuweling-enkelsnit en ‘n produksie ter waarde van R45 000 vanaf “Rivers and Bridges” vir Beste Country-enkelsnit 2026.
Die platform is ook geëerd om aan te kondig dat 3 meriete toekennings gegee gaan word aan Nadine vir 30 Jaar Bydrae tot SA se musiekbedryf, en ‘n Lewenslange Bydrae-toekenning aan legendes Blackie Swart en PJ Powers.
Die inskrywings vir SA Onafhankllike Kunstenaars kan gemaak word by: www.afri-indie.co.za (die webwerf is ontwikkel deur Bigtoe Creatives) Die sperdatum vir werke inskryf is 01 JUNIE 2026.
Die rooitapyt aand, wat bygewoon word deur top medialede en eregaste, twee TV-kamerspanne, ontbytSAKE KykNet & Bravo KykNet vind plaas by die AfriForum Teater, Dinsdagaand 25 Augusts om 6pm.
Enige vrae in sake die Afri-Indie Musiektoekennings kan gerig word aan [email protected].
Rea le Roux Musiek