13/03/2025
Happy Birthday, my teach!
My beste maiq, my gunsteling mens, my grootste safe space—daar is eenvoudig nie genoeg woorde om te sê hoeveel jy vir my beteken nie. Van die begin af was jy my anker, my cherrleader en die een wat my verstaan soos niemand anders kan nie.
Ek is eindeloos dankbaar vir jou liefde, jou wysheid en die manier waarop jy altyd daar is vir my, (29 jaar wat jy my trane vang, en presies weet hoe om n smile terug te sit op my gesiggie) maak nie saak wat nie. Die lewe sou nie dieselfde wees sonder jou warmte, jou lag, liefde en die manier waarop jy alles net 'n bietjie ligter en soveel mooier maak nie.
Op jou spesiale dag wens ek vir jou al die liefde, geluk en seëninge wat hierdie wêreld kan bied. Jy verdien net die beste—vandag en altyd.
Gelukkige verjaarsdag, my sussie, my hart! Ek is lief vir jou meer as wat woorde kan sê.
32 - jy maak dit maklik lyk elke jaar 👀 ♥🫂
I love you so much Equally.♥♥♥🫂🫂🫂