04/06/2026
Jy kan beeldskoon wees. Jy kan die mooiste huis hê, die nuutste klere dra, suksesvol wees en deur mense bewonder word.
Jy kan duisende volgelinge hê en mense kan jou naam ken.
Maar die vraag is nie: "Ken mense jou?"
Die vraag is: "Ken God jou?"
Op die dag wanneer ons voor Hom staan, gaan ons nie gevra word hoeveel geld ons gemaak het, hoeveel besittings ons gehad het of hoeveel mense ons beïndruk het nie.
Wat gaan saak maak, is:
🌿 Het jy Jesus geken?
🌿 Het jy 'n ware verhouding met Hom gehad?
🌿 Het jy Sy Woord liefgehad en daarvolgens geleef?
🌿 Het jy jou kinders gelei om Hom te ken?
🌿 Het jy gekies vir heiligheid wanneer die wêreld kompromie gevra het?
🌿 Het jy vasgestaan in geloof toe die stryd gekom het?
Alles waarvoor ons so hard werk op aarde, sal eendag agterbly. Die huis. Die motor. Die status. Die titels. Die applous van mense.
Maar jou verhouding met God het ewigheidswaarde.
Moenie jou lewe spandeer om 'n beeld te bou wat mense bewonder, terwyl jou siel honger is vir God nie.
Want aan die einde van alles gaan net een ding werklik saak maak:
Nie hoe bekend jy op aarde was nie, maar hoe naby jy aan Jesus geleef het.
"Versamel vir julle skatte in die hemel..." –
Matteus 6:20