13/05/2026
MEDIAVERKLARING: OPDATERING OOR SKOONMAAK- EN HERSTELWERK
SUURBRAAK, BUFFELJAGS, MALGAS AND INFANTA
Die areas se kragtoevoer is afhanklik van Eskom toevoer. Eskom kan steeds nie ’n indikasie gee van wanneer hul die kragtoevoer na die areas sal kan herstel nie. Net soos in Swellendam is daar egter hoogspannings en laagspanningslyne op die munisipale netwerk wat beskadig of af is. Die Munisipaliteit moet hierdie punte een-een besoek en herstel. Daar is nie ’n spesifieke tyd vir die herstel nie, want dit hang af van wat gevind word wanneer die lyne weer lewendig gemaak word.
SWELLENDAM
Alhoewel die hoogspanningslyne almal herstel is, is daar nagenoeg 50 plekke waar die laagspanningslyne beskadig is. In sommige gevalle lê die lyne op die grond of het bome daarop geval en kabels uit die grond geruk. Die Munisipaliteit se elektrisiteitspanne werk onverpoos om die toevoer te herstel, maar weens beperkte kapasiteit en die kompleksiteit van elke geval, kan ons nie ’n vooruitskatting maak van wanneer die krag in u area herstel sal wees nie.
Inwoners word bedank vir hul geduld in hierdie verband.