OppikoopToe

OppikoopToe Kom ons gesels daaroor. Stel jou produk of diens aan my bekend en ek stuur dit die net in. Ek kan jou help om van iets klein 'n groot ophef te maak.

Kom ons d**k hieroor... takealot sal nog volgende jaar hier wees, maar sal jou vriendin se koffiewinkel?
07/09/2021

Kom ons d**k hieroor... takealot sal nog volgende jaar hier wees, maar sal jou vriendin se koffiewinkel?

Agter elke sterk vrou is n situasie wat haar so gemaak het....
09/08/2021

Agter elke sterk vrou is n situasie wat haar so gemaak het....

Ons ken nou net een pad en dis die pad Biedouw toe. Die voorreg was hierdie blomjaar myne om ook die Biedouw te besoek.D...
08/08/2021

Ons ken nou net een pad en dis die pad Biedouw toe. Die voorreg was hierdie blomjaar myne om ook die Biedouw te besoek.
Die blomme is pragtig, maar hierdie was my hoogtepunt.
11h het gekom en my en my ma se koffielus het die oorhand gekry.
Toe gaan kuier ons vir Wilna. Biedouw Pop Up Coffee Shop is beslis n Oase in die oase. Wilna is in die week Coffee shop eienaar, entrepreneur en besigheidsvrou. Sy nooi jou in haar huis in en laat jou tuis en op jou gemak voel in haar pragtige en rustige tuin in die middel van Biedouw. Hier het ons heeeerlik geeet en bene gerek.
Maar naweke is sy Ma vir haar 2 kinders wat dan vanuit die koshuis plaas toe kom... Dan moet jy jou eie kosmandjie pak. πŸ€ͺ

Gaan kuier gerus vir Wilna by haar "komma weer" Pop Up Coffee shop. 🌼🌼🌼

02/08/2021

β—¦β—¦ ❂❂ 𝐀𝐔𝐆𝐔𝐒𝐓 π‚πŽπŒππ„π“πˆπ“πˆπŽπ π“πˆπŒπ„ ❂❂ β—¦β—¦

WE LOVE AUGUST!! Why??? Because it is WOMEN'S DAY MONTH πŸ˜‰

Glare and Blu Betty are collaborating to giveaway π‘πŸπŸŽπŸŽπŸŽ worth of vouchers!! YAY!!

𝐓𝐨 𝐞𝐧𝐭𝐞𝐫:
β—¦ Tag 3 (three) friends into the post
β—¦ Like our FB pages (Blu Betty & Glare)
β—¦ Like and share this post

𝐓'𝐬 & 𝐂'𝐬:
1. The winner will be selected randomly
2. Our decision is final
3. The winner will be published on FB
4. Comp will close on 31 August 2021
5. We reserve the right to change the comp close date

Ek was vandag terug op die skoolbanke. Jou - Kompas Akademie het my vandag genooi om saam met Martin n eksperimentele kl...
28/07/2021

Ek was vandag terug op die skoolbanke. Jou - Kompas Akademie het my vandag genooi om saam met Martin n eksperimentele klas by te woon. Wetenskap was nog altyd vir my duister, maar ek en die kinders het vandag aan Juffrou Charlene se lippe gehang. Selfs 2-jarige Jacobu was gemesmerized. Ons het vandag geleer van verskillende elemente se energie wat vrygestel word as dit "aan-die-gang-gesit-word".
Maar een eksperiment was nie genoeg....
Ons wou nog hΓͺ.
Toe het Martin en Juffrou Charlene vir ons gewys hoe lank vat dit vir n brandende kers in verskillende grote flesse om al die suurstof op te gebruik.
Ek het net vandag weer besef... mens is nooit te oud om te leer nie.
Baie dankie Charlene, Martin en Jou - Kompas Akademie vir vandag se baie interessante les. Hier is skoolwerk groot pret!!

Respek vir beide Juffrou en dedicated kids!!
21/07/2021

Respek vir beide Juffrou en dedicated kids!!

Iewers het ek gehoor mens moet die vyand een voor wees.
Covid het my skoolkinders se vyand geword.
Die 1ste keer kon ons kinders nie hul geluk glo toe hul hoor die skool maak toe nie, maar nou besef hul self wat die impak is van n skool wat oop maak om wie weet hoe lank te kan oopbly voor dit onverwags weer gesluit word.

Dis ondenkbaar en so onregverdig, maar face it! Ons kinders STRES!
N tyd in hul lewe wat veronderstel is om sorgvry te wees het in n "knop-op-die-maag" tyd ontaard.
Ek hier by Jou - Kompas Akademie probeer die situasie verlig.
Al is die skool steeds gesluit gaan ons hier aan om die skoolwerk vars te hou.
Ons doen hersiening en bly op datum van wat gedoen moet word.
Ek haal my hoed af vir hierdie kinders wat in die oggend half verkluim voor my deur kom staan en wat nie kan wag om hul boeke oop te maak nie.
Die vingerpunte is bloedrooi en seker lankal morsdood van die koue, maar hulle klou aan daardie penne en hul skryf!
Gelukkig maak koffie als beter...wel vir die Juffrou in elk geval....πŸ˜‰

Dis winter... so dit vra vir sjerrie, kaggelvuur en HANDWERK! Ek kom af op "Dis in jou naam Borduurwerk".Yvette is n Juf...
10/07/2021

Dis winter... so dit vra vir sjerrie, kaggelvuur en HANDWERK!
Ek kom af op "Dis in jou naam Borduurwerk".
Yvette is n Juffrou en mamma en beslis ook kunstenaar. Haar verfkwas en naald en gare is altyd binne bereik. Lockdown 2020 het haar die kans gegun om meer aandag en tyd aan haar 2 dogtertjies en ook aan haar stokperdjie te gee. En toe word haar besigheid gebore. Sy vul mense se huise, babakamers en hul harte met die mooiste geborduurde hoepels.
Moeite, omgee en menswees vasgewerk op lap. En sy bring vreugde in hierdie donker tyd.

En nou gun sy ons die geleentheid om ons eie menswees vas te werk.... te borduur.
Ek besluit maar ek wil graag sien hoe lyk n borduurwerkstuk vanuit my skoot en my naald en ek bestel dadelik my DIY kit by Yvette.
Kyk net wat daag by my op. N boks vol geskenke. Dit voel soos kersfees! Dit voel of Yvette haar my in haar sitkamer innooi en sΓͺ "Kom borduur saam met my" toe ek daardie boks oopmaak.

Gaan kyk na "Dis in jou naam Borduurwerk" en bestel jou eie geskenkboks. En borduur jou eie hoepel saam met Yvette.

Vir elke wegneemete wat ons in hierdie tyd koop en snoesig voor die kaggel saam met ons gesin eet maak ons nie net ieman...
07/07/2021

Vir elke wegneemete wat ons in hierdie tyd koop en snoesig voor die kaggel saam met ons gesin eet maak ons nie net iemand bly omdat hy einde van die maand sy eskomrekening kan betaal nie.... Maar ook n klein mensie wie se pappa vir hom n splinternuwe paar waterbootsies of selfs n ou bederfdingetjie kon huis toe bring.
Kom ondersteun ons klein besighede....
Ondersteun ons vriende....
Ondersteun asb ons vriende se kinders...

03/07/2021

Dis vakansietyd! Lekker vakansietyd!
Is dit werklik so lekker?
Ons as ouers sukkel so om kop bo water te hou want ons is nie een dag seker oor wat vir ons vir die volgende uur voorlΓͺ nie. ReΓ«ls verander... skole sluit... ons moet van die huis af werk.... dis onseker tye....
En in die proses van siel en liggaam aan mekaar hou vergeet ons van ons kinders... janee fisies is hul goed versorg. Hul magies is vol en hul het kaste vol warm klere.... maar versorg ons hul siel?
Die harde waarheid van hierdie tyd waarin ons nou is is dat ons kinders die ergste ly...
Ons kinders is tot in hul gees in moeg.
Almal verwag hierdie akademiese reuse omdat dit al is waarop hul nou hoef te fokus. DIS JUIS DIE PROBLEEM!!! Alles anders is van hul ontneem. Alle sosiale bedrywighede, alle sport, milkshakes drink saam met maats is taboe....
Geen skoolsokkie, geen rugby en netbal en tennis en krieket, geen fliekaande en so kan ek aangaan. Dis net leer leer leer.
Dit wat die balans moet handhaaf is weg. En ek d**k nie ons besef die impak daarvan op ons kinders nie. Hul raak onaktief... dus verloor hul gou konsentrasie en raak plain lus vir niks. Hul raak teneergedruk en depressief. Bang vir wat hul hoor as mamma en pappa aande na slaaptyd gesels oor hierdie donkertye.

So kom ons as ouers vat ons kinders se hande en ondersteun hulle. Gesels met ons kinders... wees eerlik oor wat aan die gebeur is in ons land, maar praat hulle moed in. Maak die laptop vir n uur toe en gaan stap met ons kinders. Gaan slaan n paar b***e op die tennisbaan. Ry saam fiets... kry saam vars lug.
En kom ons belowe mekaar dat alles okey gaan wees....
Want ons het net mekaar... so kom ons kyk na mekaar en kom saam heel anderkant uit.

!!!

Moeilike tye vra vir lojale vriende. Ondersteun ons entrepreneurs.... Eet Local!
30/06/2021

Moeilike tye vra vir lojale vriende. Ondersteun ons entrepreneurs.... Eet Local!

12/06/2021
Jou Kompas Akademie is op almal se lippe. Charlene het haar huis oopgemaak vir ons kinders om hul akademie met haar kenn...
09/06/2021

Jou Kompas Akademie is op almal se lippe. Charlene het haar huis oopgemaak vir ons kinders om hul akademie met haar kennis, geduld en hope omgee n yslike hupstoot te gee.
Haar omgewing is veilig, huislik, rustig en gemaklik. Die kinders is dadelik tuis.
Die Kompas-maats is n gelukkige groep kinders met goeie dissipline en het n goeie begrip van wanneer is dit speeltyd en wanneer is dit leertyd.
Kontak haar gerus indien jy belangstel om jou kind te laat Tuisonderrig of dalk net wil stuur vir n ekstraklas of 2. Sy is ook beskikbaar om kinders te help met huiswerk.
Telefoonnr: 072 501 0923

Dis weer daardie tyd van die skooljaar waar ons kinders met bleek wange en skielike maagpyn oggende opstaan, want die eksamenmonster koggel hul alweer vanuit die skooltasse.

Kompas Akademie bang nie daai monster nie!
Hier draai ons hom knap nek om en gooi hom in die sloot.

Alle leerlinge is baie welkom om saam met my en die res van die Kompas maats voor te berei om die eksamen vreesloos en voorbereid aan te pak.

Kontak my gerus om jou kind se plek te boek.

Jou Kompas Akademie help jou in die rigting na puik punte!

Address

Clanwilliam
8135

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when OppikoopToe posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to OppikoopToe:

Share