23/08/2024
Blommetyd in Clanwilliam skep altyd groot opwinding in die dorp! Vol nuwe besoekers en natuurlik die natuur se mooi skoonheid op sy beste! Dankie Clanwilliam Blommevereniging en Tolla se sentrum vir julle ondersteuning elke jaar in die blommetyd! Dis vir my die lekkerste lekkerte om op my manier ook mooi te maak. En welgedaan aan al die helpers wat die skou elke jaar net mooier en mooier maak!