Hartland Garden Route

Hartland Garden Route Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Hartland Garden Route, Social Media Agency, 16 Fairview Gardens, George.

HARTLAND GARDEN ROUTE is a Digital Marketing Company with a focus on marketing campaigns, website development and content creation around the Garden Route and beyond.

24/09/2026

Elke kunstenaar se pad het ’n begin – met drome, geleenthede, uitdagings en natuurlik ’n groot liefde vir musiek en vermaak.

In hierdie episode van Alles wat mooi is kuier Petronel Baard saam met Marius du Bruyn en gesels hulle oor sy loopbaan, sy liefde vir musiek en die verskillende ervarings wat sy pad as kunstenaar gevorm het.

Marius is geen vreemdeling op die verhoog nie en het oor die jare deel geword van verskeie plaaslike musiek- en vermaaklikheidsproduksies, waaronder die Grootbrak Cabaret.

Vanoggend het Esté weer met ons gekuier, hierdie keer oor die besondere Psalm 40.Psalm 40 herinner ons daaraan dat God o...
23/09/2026

Vanoggend het Esté weer met ons gekuier, hierdie keer oor die besondere Psalm 40.

Psalm 40 herinner ons daaraan dat God ons hoor wanneer ons na Hom roep. Soms moet ons geduldig wag vir Sy antwoord, maar wanneer Hy ingryp, verander Hy ons wanhoop in nuwe hoop en gee Hy weer vaste grond onder ons voete.

“Ek het geduldig op die Here gewag; Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor.” – Psalm 40:2

Die Psalm herinner ons ook om nie stil te bly oor God se goedheid nie. Wanneer Hy ons deur moeilike tye dra, kan ons getuienis vir iemand anders hoop bring.

Kom kuier saam met Esté en ontdek die mooi boodskap van Psalm 40 — wag op die Here, vertrou Hom en vertel van Sy trou.

God hoor. God help. God plaas ons weer op vaste grond.
https://youtu.be/tR3aoUq25uQ

Vanoggend het Esté weer met ons gekuier, hierdie keer oor die beson...

22/09/2026
21/09/2026

Van tronkstraf tot vryheid… 'n verhaal van hoop, vergifnis en 'n nuwe begin.

Althea het hierdie keer 'n besonderse gesprek gehad met Rusty Labuschagne, 'n voormalige sakeman van Zimbabwe wat tien jaar in Zimbabwe se Chikurubi Maximum Security Prison deurgebring het nadat hy, volgens sy weergawe van die gebeure, onregmatig opgesluit is.

Rusty deel sy ongelooflike lewensverhaal – van sy dae as sakeman, tot die jare van gevangenskap en die pad wat hy daarna moes stap om sy lewe weer op te bou.

Maar hierdie gesprek gaan oor veel meer as net sy tyd in die tronk. Dit gaan oor menswaardigheid, geloof, vergifnis, veerkragtigheid en die krag om weer op te staan wanneer die lewe jou op jou knieë dwing.

'n Verhaal wat jou laat dink, jou hart raak en jou herinner dat selfs in die donkerste tye daar hoop kan wees.

20/09/2026

PROE Episode 4 – Tasting the Chef’s Combo at Travel Bugs Garden Restaurant!

In this episode of PROE, I popped in at Travel Bugs on York Street in George to taste their Chef’s Combo Salad!

Fresh, colourful and packed with flavour — but the real question is…

Have you tried it?
What did I think of it?
Is the Chef’s Combo a PROE-worthy experience?

Join me as we taste, explore and discover some of the great food experiences right here in the Garden Route!️

Travel Bugs Garden Restaurant – York Street, George

19/09/2026

A fresh face in the SUV market — and we got behind the wheel!

In our second episode of Ultimate Drive, we put the Mitsubishi Destinator through its paces to see what it’s like on the road, how it handles, and what it offers for everyday adventure.

Is this the next SUV to have on your radar? Like we always say, you have to test drive everything to make a good decision.

Watch our Ultimate Drive review and let us know what YOU think!

17/09/2026

Wanneer musiek ’n boodskap dra, kan dit grense oorsteek – en wanneer kinders sing, kan daardie boodskap nog verder reik.

In hierdie besondere episode van Alles wat mooi is kuier Petronel Baard met Soekie Krog, ’n vrou met ’n diep passie vir musiek en bediening onder kinders.

Soekie is al sedert voor 1994 betrokke by kindermusiek en gospel, en deur die jare het haar werk met die Radikids uitgebrei van Suid-Afrika na ander dele van Afrika en die wêreld. Die bediening gebruik musiek as ’n manier om kinders toe te rus, te leer en hulle geloof te laat groei.

Een van die besondere aspekte van haar werk is die fokus daarop om kinders in hul eie tale te laat sing. Die Radikids het reeds musiek in verskeie Afrikatale opgeneem, met projekte wat kinders uit verskillende lande en kulture betrek.

Petronel en Soekie gesels oor haar lewenspad, haar passie vir kinders en die besondere musiekbediening wat oor grense heen ’n invloed het.

Van Suid-Afrika tot Afrika en verder – een kind, een lied en een boodskap op ’n slag.

Vanoggend kuier Esté weer met ons — hierdie keer oor die diep en emosionele Psalm 38.Psalm 38 wys vir ons dat ons met ál...
16/09/2026

Vanoggend kuier Esté weer met ons — hierdie keer oor die diep en emosionele Psalm 38.

Psalm 38 wys vir ons dat ons met álles wat ons ervaar na die Here toe kan gaan. Dawid steek nie sy pyn, skuld, vrees of moedeloosheid weg nie. Hy bring dit eerlik voor God en klou vas aan die wete dat die Here hom hoor.

Soms voel ons oorweldig deur die dinge wat ons dra. Soms voel dit asof ons alleen deur ’n moeilike tyd gaan. Maar Psalm 38 herinner ons dat ons nie ons swaarkry alleen hoef te dra nie. God sien, God hoor en God is naby.

“Here, voor U is al my begeertes, en my gesug is vir U nie verborge nie.” – Psalm 38:10

Kom kuier saam met Esté terwyl ons dieper kyk na hierdie besondere Psalm en ontdek hoe dit ons leer om selfs in ons donkerste oomblikke ons hoop op die Here te plaas.

Wanneer woorde min raak, hoor God steeds die hart se gesug.

https://youtu.be/8qCVn1zuQHU

Esté Geldenhuys kuier weer met ons, hierdie keer oor die diep en na...

14/09/2026

Mense, verhoudings en 'n hart vir die gemeenskap…
Althea het hierdie keer met Nicolette Buitendag van FAMSA Outeniqua gekuier.
In 'n besondere gesprek vertel Nicolette meer oor die belangrike werk wat FAMSA Outeniqua in ons gemeenskap doen, maar ook oor haar eie passie en wat haar dryf om 'n verskil in ander mense se lewens te maak.

Dit is 'n gesprek oor mense, ondersteuning, uitdagings en die belangrikheid van 'n veilige plek waar mense gehoor, verstaan en ondersteun kan word.
Want agter elke organisasie is daar mense met 'n passie – mense wat elke dag kies om hoop te bring en 'n verskil te maak.

Kuier saam met Althea en Nicolette en leer meer oor FAMSA Outeniqua en die hart agter hulle werk.

Address

16 Fairview Gardens
George
6530

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hartland Garden Route posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Hartland Garden Route:

Shortcuts

Share