04/09/2026
SENIORS EKspo – KOM KUIER SAAM!
Die Seniors Ekspo op Woensdag 16 September gaan ’n heerlike dag van kuier, interessante inligting en lekker bederf wees!
Benewens ons kundige sprekers en interessante program, gaan daar ook ’n verskeidenheid bekende en interessante uitstallers wees om te besoek. Kom stap rustig tussen die stalletjies deur – daar sal lekker kos en koffie wees, asook mooi en interessante produkte om te koop. Iets vir elkeen!
🎟️ Kaartjies is R50 per persoon en kan by Ons Winkel Langebaan, Ons Winkel Vredenburg of aanlyn by Ons Koopplek – Seniors Ekspo gekoop word.
📅 Woensdag 16 September 2026
⏰ 09:00 – 16:00
📍 NG Kerk Langebaan
Bring ’n vriendin, vriend of familielid saam en maak ’n lekker dag daarvan. Alle senior burgers is baie welkom!