lWayne veg teen kanker

lWayne veg teen kanker Te**es Kanker

22/05/2025

My son lost the battle and passed away on 3 May 2025

04/04/2023

En so het ons vandag die hartseer nuus gekry Dat die Chemo nie my seun se kanker beter gemaak het nie. My hart is in stukke. Hoe moet ek my emosies in toom Hou? Ek staan alleen. My man het my net so gelos en my kind is Baie siek. Ek het nie Meer krag om aan te gaan nie.

30/01/2023

More almal. My seun is terug by hospitaal vir chemo. Hy is moedeloos en sy liggaam is seer en moeg. Asb bid vir 'n wonderwerk. Hy kort ook dringend geld vir sy persoonlike behoeftes. Asb as daar iemand is wat Kan help Sal dit waardeur word.

Terug in hospitaal vir chemo
29/12/2022

Terug in hospitaal vir chemo

09/12/2022

Wayne is by die huis maar gaan nog in vir chemo. Hy het ook maar sy af en aan Dae. Party Dae voel hy okay en Ander Dae het hy pyn.

05/12/2022

Wayne het ongelooflik Baie pyn vanaand. Dit breek my stukkend. Want ek Kan niks doen. Asb bid vir my seun

My seun ek is trots op jou Dat jy so positief bly deur als. Jy is 'n yster!
03/12/2022

My seun ek is trots op jou Dat jy so positief bly deur als. Jy is 'n yster!

Wayne trek by dag 3 van sy Chemo. Hy het nog glad nie begin siek voel nie. So far so good....
01/12/2022

Wayne trek by dag 3 van sy Chemo. Hy het nog glad nie begin siek voel nie. So far so good....

29/11/2022

Wayne het begin met sy chemo arme kind gaan n harde tyd hĂȘ. Hy kry vir 5 Dae aanmekaar 2 Dae niks Dan kyk hulle of dit begin help Dan kry hy weer vir 3 Dae en Dan weer niks Dan weer vir 5 en so gaan dit aan. Ek glo en vertrou hy gaan hierdeur kom. Die Here is met hom

28/11/2022

Wayne se infeksie is weg en ons hoop Dat Dr's nou met Chemo Sal begin. Hy kla net hy is Baie naar en Kan nie eet nie.

28/11/2022
28/11/2022

Hi daar
Ek is Wayne Victor en is 26 jaar oud. Vroeg in die jaar het ek pyn en iets wat soos n knop gevoel het by my testikels. Dit het by die dag net seerder geword en ek is toe In Junie 2022 Verreoos Hospitaal toe. Hulle het my dadelik opgeneem die Dokters het bevestig dat die knop 'n gewas is en hulle het die gewas toe uit gesny en gestuur vir verdere toetse. Ek het nie die uitslae gekry nie! Hulle het my ontslaan en ek is huis toe.

Ongeveer n maand terug het die wond begin septies raak met baie pyn en sweling. Ek is dadelik terug na die Verreoos Hospitaal toe en daar het hulle my weer opgeneem. Dus toe die Doktors eers bevestig dat ek Te**es kanker (malignant neoplasm of te**is) het!

Nadat ek vir 3 weke lank een na die ander operasies deur gegaan het is ek toe ontslaan. Ek moes behandeling kry maar daar was soveel stories ens. Met die hulp van my tannie kon ek darem toe na Steve Biko Hospitaal in Pretoria gaan.

Hulle het my dadelik op geneem en toetse Begin doen. Maandag 21 Nov 2022 het ek die uitslae gekry en die kanker het versprei na my Longe toe.

Hulle gaan my begin behandel met Chemo, Doktors gaan ook bymekaar kom om te kyk wat is die plan voorentoe.

Met alles wat gebeer het en nog wat voorlé kan ek nie meer werk nie. Ek en my Pa bly saam in 'n klein woonstel op n plot. Met my salaris het ek ons huur betaal en kos gekoop. My salaris was nie groot nie, maar kon op 'n manier deur kom.

Finansieel gaan dit nou baie swaar gaan vir ons, want ek het nou geen inkomste nie.Daarom sal ek enige hulp en Donasies opreg waardeer.

Indien my storie jou raak om 'n bydrae te maak ek het 'n bank rekening in my naam dus sal alle fondse derek na my toe kom.

Mr W Victor
Capitec Bank
Rek nr: 1691880157
Spaar Rekening
Tak kode: 470010

Ek sal gereeld updates plaas van hoe dit gaan asook oor my behandeling en my vordering.

Wayne 084 323 1059
Petra (My tannie)
084 586 4945

Address

Pretoria

Telephone

+27833880979

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when lWayne veg teen kanker posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to lWayne veg teen kanker:

Share