06/05/2022
Die 2023 Landbou Vroue-dagboek ontwerp gebeur in Mei! Tema: My skuilplek is by die Here. Skryfwerk deur Magda du Toit. Dit begin so: "'n Skuilplek is 'n plek van veiligheid ..." Magda skryf oor neste vir voels, gate vir diere, holtes vir uile, oor skilpaddoppe en spinnerakke, oor metamorfoses by insekte, oor Kappadokkia en die piramides van ouds. Sy skryf oor strukture wat mens en dier beskerm, maar uiteindelik: "As die Here die huis nie bou nie, swoeg die wat daaraan bou, tervergeefs ..."
Ek kan nie wag om met die uitleg te begin nie. Dankie aan Sensako wat dit moontlik gemaak het.
Sanet du Plessis.