05/07/2024
Kom ondersteun ons by die Wintermark. Bring familie en vriende vir n heerlike dag. Baie stalletjies en vermaak vir elkeen se smaak.
_Oh liewe jinne_ dit is Vrydag aand, maar Sat wag vir ons met 'n groot lawaai.
Moenie dat daar winter in jou hart wees nie, kom met jou 1969 Chevy of sommer met jou rooi vellies aan of met jou geskeurde jeans aan.
Maak 'n draai, maar nie by Kromdraai nie, by die WinterMark amper by die S-draai.
Daar gaan die dinge kook.....
_Sweets for my sweet_ - Heerlike lekkernye, pannekoek en gebak.....
_What a beautiful noise_ - lekker agtergrond musiek by die WinterMark, wat die voete sal laat juk en wat jou sal laat draai by Langsi Pad Pub & Grill ook en dan natuurlik die rugby later die middag - SA vs Ierland.....
_N ring wil sy dra en almal kyk daarna_ - Verskillende soorte juwele waarmee die dames hulle kan tooi en selfs klere om als af te rond...
_Baby wat eet ons vandag?_ - Heerlike kos vir die innerlike en lekker goedjies vir die spens ook - _spread this message like peanut butter & jelly...._
Vele stalletjies by ons WinterMark vanaf 08:00, sowel as 'n hondevertoning deur Chris Pets - kom kyk gerus vanaf 09:00.
_Japie my skapie - Moenie die "Wen 'n Skaap" kompetisie vergeet nie._ Kaartjies beskikbaar vanaf 08:00-12:00. Wees teenwoordig tydens die trekking om 13:00 of stuur iemand om jou te verteenwoordig.
Moenie jou pennies op die spoor verloor nie, bring dit na die WinterMark, vele stalletjies wag vir julle.
Vanni plaas is die beste hier by opi plaas - Duiker & Van der Hoff Weg.
Bring die hele dorp plaas toe en begin die oggend met warm boeretroos en breek die ys!
_Sien môre._
Sektor 4