17/06/2026
🐬 SPONSOR KOLLIG: Miek se res Du Randt 🐬
Ons wil graag ’n spesiale woord van dank rig aan Miek se Res du Randt vir hul ondersteuning van ons Back to the 80's Party Fondsinsameling! Verlede jaar se Stilbaai Stoep Stories was n reuse sukses en dié jaar doen ons dit bietjie anders.
Miek se Res du Randt is ’n bekende gesig op die Stilbaai-hawe waar hulle inwoners en besoekers verwelkom met vriendelike diens, heerlike kos en bekostigbare pryse. Van smaaklike burgers en worsrolle tot hul gewilde pannekoeke, chip & dip en corn dogs – daar is altyd iets lekkers vir almal.
Wat Miek se Res du Randt besonders maak, is nie net die goeie kos nie, maar ook die warm gemeenskapsgees waarmee hulle hul kliënte bedien. Hulle is deel van die hartklop van Stilbaai en dra gereeld by om plaaslike inisiatiewe en gemeenskapsprojekte te ondersteun.
Baie dankie aan Miek se res Du Randt vir julle betrokkenheid en ondersteuning van hierdie jaar se fondsinsameling. Julle help ons om ’n verskil te maak en gee terug aan die gemeenskap wat ons almal liefhet.
Moenie vergeet nie:
BACK TO THE 80's PARTY
📅 Saterdag, 21 November 2026
⏰ 18:00 vir 18:30
📍 Rijké Craft Distillers, Jongensfontein
🎟️ R150 per persoon
VIR KAARTJIES KONTAK:
📞 +27 72 248 1006
of maak n draai by Miek se Res du Randt op die hawe.
Kom dans saam met Desmond Wells, geniet heerlike kos, fantastiese pryse en ’n onvergeetlike aand – alles vir ’n goeie doel!