VS AGRI

VS AGRI Ons bied omvattende oplossings aangepas by die behoeftes van die landboubedryf. Production and marketing of agricultural inputs.

VS Agri is 'n dinamiese en gediversifiseerde landboumaatskappy wat toegewyd is aan die vervaardiging en verskaffing van top-gehalte-landbou-insette en -dienste. Vervaardiging en bemarking van landboukundige insette. ‘n PASSIE vir landbou en ‘n RYKDOM van kennis en ondervinding in elk van ons produkte en dienste. A PASSION for agriculture and a wealth of knowledge and experience in each of our products and services.

VAKANTE POS:Korttermynversekering – AdministrateurVrede, Oos-Vrystaat**Sluit san by die dinamiese Attooh Agri-span!**Att...
03/09/2026

VAKANTE POS:
Korttermynversekering – Administrateur
Vrede, Oos-Vrystaat

**Sluit san by die dinamiese Attooh Agri-span!**
Attooh Agri is op soek na ’n ervare en georganiseerde Korttermynversekering Administrateur om ons span in Vrede, Oos-Vrystaat, te versterk.

Lees meer: https://vsagri.co.za/poste-beskikbaar/

Goeie voorbereiding skep die grondslag vir die seisoen wat voorlê. NH₃ van Pro Gas bied ’n hoogs gekonsentreerde stiksto...
31/08/2026

Goeie voorbereiding skep die grondslag vir die seisoen wat voorlê.

NH₃ van Pro Gas bied ’n hoogs gekonsentreerde stikstofbron van 82% N wat direk in die grond toegedien word — doeltreffend, prakties en gereed om deel van jou plantvoedingsplan te vorm.

Praat betyds met jou VS Agri-agent oor jou NH₃-beplanning en toediening. https://vsagri.co.za/kontak-n-agent/

VS AGRI | ONS IS DIE VERSKIL

28/08/2026
’N GOEIE OES BEGIN MET DIE REGTE VOEDINGSPLAN.Kunsmis is nie bloot ’n inset nie — dit is een van die belangrikste belegg...
24/08/2026

’N GOEIE OES BEGIN MET DIE REGTE VOEDINGSPLAN.

Kunsmis is nie bloot ’n inset nie — dit is een van die belangrikste beleggings wat jy hierdie seisoen maak.

Die regte produkkeuse begin by jou grondontleding, gewasbehoefte en opbrengsmikpunt. Daarna gaan dit oor die korrekte voeding, teen die regte hoeveelheid en op die regte tyd.

Moenie jou nuwe seisoen op ’n raaiskoot begin nie.

Praat vandag nog met jou VS Agri-agent oor jou kunsmisbeplanning. https://vsagri.co.za/kontak-n-agent/

VS AGRI | ONS IS DIE VERSKIL

’N GOEIE OES BEGIN IN DIE GROND — MET BIOFORCEPlanttyd gaan oor meer as net saad in die grond. Dit gaan oor ’n sterk beg...
21/08/2026

’N GOEIE OES BEGIN IN DIE GROND — MET BIOFORCE

Planttyd gaan oor meer as net saad in die grond. Dit gaan oor ’n sterk begin.

BioForce™ help om wortelontwikkeling te stimuleer, bevorder beter opname van voedingstowwe en ondersteun mikrobiese aktiwiteit in die wortelsone. Dit gee jou gewas die ondersteuning om vinnig en sterk weg te spring — veral wanneer toestande vroeg in die seisoen nog uitdagend is.

Waarom BioForce?
- Stimuleer wortelgroei
- Bevorder voedingsopname
- Ondersteun mikrobiese aktiwiteit
- Help jou gewas om sterker te vestig

Hierdie plantseisoen, begin reg van die begin af.

Maak kontak met jou VS Agri-agent om meer uit te vind oor BioForce™ en hoe dit op jou plaas ingespan kan word.

www.vsagri.co.za

VS Agri | Ons is die verskil.

By VS Agri begin alles by die agent...Nie by 'n kantoor nie. Nie by 'n katalogus nie. By die man wat op jou plaas staan,...
17/08/2026

By VS Agri begin alles by die agent...
Nie by 'n kantoor nie. Nie by 'n katalogus nie. By die man wat op jou plaas staan, jou grond ken en weet wat verlede seisoen skeefgeloop het.

Ons agente is jou direkte lyn na alles wat VS Agri bied — kunsmis, voere, gas, chemie en advies wat by jóú omstandighede pas. Hulle bel terug. Hulle draai in. Hulle onthou.

Want 'n boer kies nie 'n verskaffer nie. Hy kies 'n mens wat hy kan vertrou.

Soek jou naaste VS Agri-agent — sy naam en nommer is 'n klik weg: https://vsagri.co.za/kontak-n-agent/

POS BESKIKBAAR: BEMARKINGSADMINISTRATEURVS Agri is op soek na ’n georganiseerde, energieke en detail-georiënteerde Bemar...
12/08/2026

POS BESKIKBAAR: BEMARKINGSADMINISTRATEUR

VS Agri is op soek na ’n georganiseerde, energieke en detail-georiënteerde Bemarkingsadministrateur om ons bemarkingspan in Vereeniging te ondersteun.

Lees meer - https://vsagri.co.za/poste-beskikbaar/

Hoe lyk dit by julle?Dis bitterkoud vandag. Sneeu in party dele, ryp in ander, en die res van ons sit net en bibber.Stuu...
10/08/2026

Hoe lyk dit by julle?

Dis bitterkoud vandag. Sneeu in party dele, ryp in ander, en die res van ons sit net en bibber.

Stuur gerus ’n foto in die kommentaar — en sê sommer waar jy is.

Vir almal wat vandag op die plaas, op die pad of buite werk: trek warm aan en ry versigtig.

VANDAG VIER ONS DIE VROUE VAN SUID-AFRIKA. Die vroue wat ondersteun, organiseer, versorg en aanhou — selfs wanneer niema...
09/08/2026

VANDAG VIER ONS DIE VROUE VAN SUID-AFRIKA.

Die vroue wat ondersteun, organiseer, versorg en aanhou — selfs wanneer niemand dit raaksien nie.

Vandag sê ons dankie vir julle toewyding en die verskil wat julle elke dag maak.

Aan elke vrou van Suid-Afrika — ons sien julle. Ons waardeer julle.

Gelukkige Vrouedag!

Address

81 Barrage Road , Peacehaven
Vereeniging
1930

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Telephone

+27169708900

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VS AGRI posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share